Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Dan moet iemand wat rein is, 'n hisoptakkie in die water doop en die water sprinkel oor die tent, oor al die gebruiksvoorwerpe en oor die mense wat by was. Dieselfde moet gebeur met iemand wat aan doodsbene geraak het of aan die lyk van iemand wat doodgemaak is of aan iemand wat gewoon gesterf het of aan 'n graf.

19. 'n Rein persoon moet op die derde en die sewende dag die water oor die onreine sprinkel, en op die sewende dag moet die onreine homself reinig. Daarna moet hy sy klere was en hom bad, dan sal hy teen die aand rein wees.

20. As iemand onrein is en hy hom nie reinig nie, moet hy van die gemeente afgesny word. Hy het die heiligdom van die Here ontwy, die reinigingswater is nie oor hom gesprinkel nie en daarom bly hy onrein.

21. “Dit is vir julle 'n vaste instelling.“Die persoon wat die reinigingswater sprinkel, moet self ook sy klere was, en enigeen wat aan die reinigingswater raak, sal die res van die dag onrein wees.

22. Enigiets waaraan 'n onrein persoon raak, sal onrein wees, en enigiemand wat aan hom raak, sal die res van die dag onrein wees.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 19