Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 19:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2. “Ek gee ook hierdie voorskrif vir julle: Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou 'n rooi koei bring. Die koei moet sonder liggaamsgebrek of letsel wees en sy mag ook nie in 'n juk getrek het nie.

3. Gee haar vir die priester Eleasar, en hy moet haar buitekant die kamp laat uitbring en voor hom laat slag.

4. Hy moet dan van die koei se bloed op sy vinger neem en dit sewe keer in die rigting van die ingang van die tent van ontmoeting sprinkel.

5. Die koei moet dan in Eleasar se teenwoordigheid verbrand word. Hulle moet haar vel, vleis en bloed saam met haar pensmis verbrand.

6. Die priester moet sederhout, hisop en bloedrooi wolstof op die koei gooi wat verbrand word.

7. Dan moet hy sy klere was en hom bad. Daarna mag hy in die kamp kom, maar hy sal die res van die dag onrein wees.

8. Die persoon wat die koei verbrand, moet self ook sy klere was en hom bad, en hy sal ook die res van die dag onrein wees.

9. 'n Rein persoon moet die as van die koei bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op 'n rein plek bêre. Die as is tot beskikking van die gemeente van Israel om in reinigingswater te gebruik. Die koei is 'n sondeoffer.

Lees volledige hoofstuk Numeri 19