Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:12-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Ek gaan hulle tref met die pes en hulle uitroei, en dan sal Ek jou 'n volk maak, groter en sterker as hulle!”

13-14. Maar Moses het vir die Here gesê: “Die Egiptenaars sal dit hoor en dit vir die inwoners van hierdie land vertel. Dit is tog U wat hierdie volk deur u mag uit Egipte laat wegtrek het, en die inwoners van hierdie land het reeds gehoor dat U, Here, onder hierdie volk is, dat U duidelik waarneembaar verskyn het, dat u wolk oor hulle is, en dat U bedags in 'n wolkkolom en snags in 'n vuurkolom voor hulle uit gaan.

15. As U hierdie volk soos een man om die lewe bring, sal die nasies wat van u dade gehoor het, sê:

16. ‘Die Here was nie in staat om hierdie volk in te bring in die land wat Hy met 'n eed aan hulle beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn omgebring.’

17. “Laat u groot mag nou bekend word, Here, soos U gesê het:

18. ‘Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.’

19. Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde, soos U hulle van Egipte af tot hiertoe vergewe het!”

20. Toe het die Here geantwoord: “Ek vergewe hulle, soos jy gevra het.

21. Nogtans, so seker as Ek leef en die hele aarde vol sal word van my magtige teenwoordigheid,

Lees volledige hoofstuk Numeri 14