Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 14:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daardie nag het die hele volksvergadering aanhoudend gekla.

2. Al die Israeliete was in verset teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: “As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het!

3. Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?”

4. Hulle het toe vir mekaar gesê: “Kom ons kies 'n leier en gaan terug Egipte toe!”

5. Moses en Aäron het toe voor die hele vergadering van Israeliete wat daar saam was, op hulle knieë geval.

6. Ook het Josua seun van Nun, en Kaleb seun van Jefunne, manne wat saam die land verken het, hulle klere geskeur,

7. en vir die hele vergadering Israeliete gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is 'n buitengewoon goeie land.

Lees volledige hoofstuk Numeri 14