Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Het die Here dan net deur Moses gepraat,” wou hulle ook nog weet, “en nie ook deur ons nie?”Die Here het dit gehoor.

3. Moses was 'n uiters sagmoedige man, meer as enigiemand anders op die aarde.

4. Die Here het onmiddellik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle aldrie na die tent van ontmoeting toe!” En hulle drie het gegaan.

5. Die Here het toe in 'n wolk afgekom, by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam nader geroep. Toe hulle twee nader kom,

6. het die Here gesê:“Luister na wat Ek sê:As daar 'n profeet van die Here onder julle is,maak Ek My aan hom bekend deur visioeneen praat Ek met hom in drome.

7. Maar met my dienaar Moses is dit anders.Hy is die betroubaarste in my diens.

8. Met hóm praat Ek direk en persoonlik,nie in raaisels nie.Hy sien selfs die gestalte van die Here.Waarom was julle dan nie bangom só met my dienaar Moses te praat nie?”

9. Die toorn van die Here het teen hulle ontvlam en Hy het van hulle af weggegaan.

10. Toe die wolk van die tent af optrek, staan Mirjam daar melaats soos sneeu. Toe Aäron na Mirjam toe draai, is sy melaats.

Lees volledige hoofstuk Numeri 12