Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:29-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Moses het vir Gobab seun van sy skoonpa Reüel, die Midianiet, gesê: “Ons trek na die land waarvan die Here gesê het: ‘Ek sal dit aan julle gee.’ Kom saam met ons. Ons sal jou goed behandel, want die Here het goeie dinge aan Israel beloof.”

30. Maar Gobab het vir Moses gesê: “Ek sal nie saam gaan nie, ek sal teruggaan na my eie land en familie toe.”

31. Moses het toe by hom aangedring: “Moet ons tog nie verlaat nie. Jy ken die plekke in die woestyn waar ons kamp kan opslaan, en jy moet ons gids wees.

32. As jy met ons saam kom, sal ons die goeie dinge wat die Here aan ons gee, met jou deel.”

33. Die Israeliete het van die berg van die Here af weggetrek, drie dagreise ver. Die verbondsark van die Here het gedurende die drie dae voor hulle uit getrek om vir hulle 'n plek te vind waar hulle kon oorbly.

34. Die wolk van die Here was bedags oor hulle as hulle van die kampplek af wegtrek.

35. Elke keer wanneer die ark vertrek, het Moses gesê:“Trek op, Here,verstrooi u vyande!Laat hulle wat vir U haat,voor U wegvlug!”

36. En wanneer die ark neergesit word, sê Moses:“Kom terug, Here,na die ontelbare menigtes van Israel toe.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 10