Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:23-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Gamliël seun van Pedasur was in bevel van die afdeling van die stam Manasse,

24. en Abidan seun van Gidoni oor die afdeling van die stam Benjamin.

25. Die volgende wat vertrek het, was die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Dan wat die agterhoede van al die afdelings gevorm het. Agiëser seun van Ammi-Saddai was in bevel van hierdie afdeling.

26. Pagiël seun van Okran was in bevel van die afdeling van die stam Aser,

27. en Agira seun van Enan oor die afdeling van die stam Naftali.

28. Dit was die volgorde waarin die afdelings van Israel op hulle reis vertrek het.

29. Moses het vir Gobab seun van sy skoonpa Reüel, die Midianiet, gesê: “Ons trek na die land waarvan die Here gesê het: ‘Ek sal dit aan julle gee.’ Kom saam met ons. Ons sal jou goed behandel, want die Here het goeie dinge aan Israel beloof.”

30. Maar Gobab het vir Moses gesê: “Ek sal nie saam gaan nie, ek sal teruggaan na my eie land en familie toe.”

31. Moses het toe by hom aangedring: “Moet ons tog nie verlaat nie. Jy ken die plekke in die woestyn waar ons kamp kan opslaan, en jy moet ons gids wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 10