Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Maak nou twee trompette van geslae silwer, en gebruik dit om die vergadering bymekaar te roep en om die kamp te laat opbreek.

3. Wanneer julle op albei blaas, moet die hele vergadering by jou bymekaarkom by die ingang van die tent van ontmoeting.

4. Maar as net op een geblaas word, moet net die leiers, die familiehoofde van Israel, by jou bymekaarkom.

5. As julle die eerste keer hard blaas, moet die stamme wat aan die oostekant kampeer, vertrek.

6. As julle 'n tweede keer hard blaas, moet die stamme aan die suidekant vertrek. As daar hard geblaas word, sal hulle weet om te vertrek.

7. Om die vergadering bymekaar te roep, moet julle die trompette blaas, maar julle moet nie hard blaas nie.

8. Aäron se seuns, die priesters, moet die trompette blaas. Dit moet vir julle en julle nageslag 'n vaste instelling wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 10