Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:12-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die Israeliete het hulle reis toe van die Sinaiwoestyn af verder voortgesit, totdat die wolk in die Paranwoestyn gaan staan het.

13. Hulle het begin trek op bevel van die Here deur Moses.

14. Die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Juda het eerste vertrek. Nagson seun van Amminadab was hier in bevel.

15. Netanel seun van Suar was in bevel van die afdeling van die stam Issaskar,

16. en Eliab seun van Gelon was oor die afdeling van die stam Sebulon.

17. Daarna is die tabernakel afgebreek, en het die Gersongroep en die Merarigroep wat dit moes dra, ook vertrek.

18. Die volgende wat vertrek het, was die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Ruben. Elisur seun van Sedeür was in bevel van hierdie afdeling.

19. Selumiël seun van Suri-Saddai was in bevel van die afdeling van die stam Simeon,

20. en Eljasaf seun van Reüel was oor die afdeling van die stam Gad.

21. Daarna het die Kehatgroep vertrek. Hulle het die gewyde voorwerpe gedra. Die tabernakel moes opgerig wees teen die tyd dat hulle daar aankom.

22. Ná hulle het die vaandel van die afdelings onder leiding van die stam Efraim vertrek. Elisama seun van Ammihud was in bevel van hierdie afdeling.

23. Gamliël seun van Pedasur was in bevel van die afdeling van die stam Manasse,

24. en Abidan seun van Gidoni oor die afdeling van die stam Benjamin.

Lees volledige hoofstuk Numeri 10