Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Dit is U! U alleen is Here!U het die hemel gemaak,die hoogste hemel en sy hele leërmag,die aarde en alles daarop,die oseane en alles daarin.U laat hulle almal lewe;die hemelse leërmag buig voor U.

7. U is die Here, die Godwat vir Abram gekies het,hom uit Ur van die Galdeërs gebring heten sy naam Abraham gemaak het.

8. U het hom getrou teenoor U bevind,met hom 'n verbond gesluitdat U die land van die Kanaäniete,die Hetiete en Amoriete,die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete,aan sy nageslag sou gee,en U het u belofte nagekom;U is betroubaar.

9. U het die nood van ons voorvaders in Egipte gesien,gehoor toe hulle by die Rietsee om hulp geroep het,

10. en groot, magtige dade gedoen, teen die farao,teen sy amptenare en teen die mense in sy land,want U het geweet dat hulle u volk met minagting behandel het.U het die roem van u Naam groot gemaak,so soos dit vandag nog is.

11. U het die see gekloof voor hulle,hulle kon op droë grond daardeur trek;maar U het hulle agtervolgers in die vloedwaters gegooi soos 'n klip in magtige waters.

12. Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei,met 'n vuurkolom snagsom vir hulle lig te maak op die padwaar hulle langs moes trek.

13. U het op Sinaiberg afgekom,met hulle uit die hemel gepraaten vir hulle bepalings vasgestel wat billik is,wette wat vas staan,voorskrifte en gebooie wat goed is.

14. U het hulle geleer van u gewyde sabbaten aan hulle gebooie, voorskrifte en 'n wet gegeedeur Moses, u dienaar.

15. U het vir hulle brood gegee uit die hemeltoe hulle honger was,vir hulle water uit 'n rots laat stroomtoe hulle dors was.U het gesê hulle kan die landin besit kom neemwat U met 'n eed beloof hetom aan hulle te gee.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9