Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op die vier en twintigste dag van dié maand het die Israeliete vir 'n vasdag bymekaargekom. Hulle het rouklere aangehad en daar was grond op hulle koppe.

2. Die nakomelinge van Israel het hulleself afgeskei van alle nie-Israeliete en toe hulle plekke ingeneem en belydenis gedoen van hulle sonde en van die oortredings van hulle voorvaders.

3. Hulle het op hulle plekke bly staan en het 'n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog 'n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig.

4. Die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog gaan staan en die Here hulle God hard om hulp aangeroep.

5. Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê:“Kom, prys die Here julle God!Hy is van ewigheid tot ewigheid.”Toe het hulle u magtige Naam geprys,verhewe bo alle lof en roem.

6. Dit is U! U alleen is Here!U het die hemel gemaak,die hoogste hemel en sy hele leërmag,die aarde en alles daarop,die oseane en alles daarin.U laat hulle almal lewe;die hemelse leërmag buig voor U.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9