Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:58-73 Afrikaans 1983 (AFR83)

58. Jala, Darkon, Giddel,

59. Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon.

60. Al die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo was saam 392.

61. Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie.

62. Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 642 mense.

63. Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dié Barsillai wat getroud is met 'n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is.

64. Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesterskap onthef.

65. Die amptenaar wat met dié saak belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en die tummim nie.

66. “Die hele groep was in totaal 42 360,

67. afgesien van hulle slawe en slavinne; dié was 7 337. Dan was daar ook nog 245 sangers en sangeresse,

69. asook 435 kamele en 6 720 donkies.”

70. Party familiehoofde het bydraes gegee vir die werk. Die goewerneur het vir die fonds ag en 'n half kilogram goud, vyftig komme en vyf honderd en dertig stelle priesterklere gegee.

71. Van die familiehoofde het vir die werkfonds honderd ag en sestig kilogram goud en een en 'n kwart ton silwer bygedra.

72. Die res van die mense het honderd ag en sestig kilogram goud, meer as 'n ton silwer en sewe en sestig stelle priesterklere gegee.

73. Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk, en die tempelslawe het hulle gevestig in die stede waar hulle vandaan gekom het. Dit het die hele Israel gedoen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7