Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:29-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Sadok seun van Immer het die volgende stuk, dié regoor sy huis, herstel, en Semaja, seun van Sekanja en opsigter van die Oospoort, die volgende stuk.

30. Die volgende deel is herstel deur Gananja seun van Selemja, en Ganun die sesde seun van Salaf, en die volgende deur Mesullam seun van Berekja tot regoor sy kamer.

31. Malkija, een van die smede, het die volgende stuk herstel, tot by die kwartiere van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiepoort en verder tot by die kamer bo-op die hoek.

32. Tussen die kamer op die hoek en die Skaappoort het die smede en die handelaars die herstelwerk gedoen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3