Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 13:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Toe die volk dié wet hoor, het hulle almal wat van gemengde herkoms was, van Israel afgeskei.

4. Tevore het die priester Eljasib, wat in beheer was van die opslagplek by die huis van ons God en familie van Tobija was,

5. vir Tobija 'n groot kamer ingerig wat tevore gebruik was vir die graanoffer, die wierook, die offergereedskap, die tiendes van koring, wyn en olie, die aandeel van die Leviete, die sangers en die poortwagte, en die offergawe vir die priesters.

6. Ek was nie in Jerusalem toe dit alles gebeur het nie, want in die twee en dertigste regeringsjaar van koning Artasasta van Babel is ek terug na die koning toe. Ek kon eers met verloop van tyd van die koning verlof vra

7. en na Jerusalem toe kom. Toe ek uitvind watter verkeerde ding Eljasib gedoen het deur vir Tobija 'n kamer in die voorhof van die tempel in te rig,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 13