hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Priesters en Leviete

1. Hier volg 'n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra,

2. Amarja, Malluk, Gattus,

3. Sekanja, Regum, Merajot,

4. Iddo, Ginneton, Abia,

5. Mijamin, Maädja, Bilga,

6. Semaja, Jojarib, Jedaja,

7. Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua.

8. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang.

9. Hulle ampsgenote Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen.

10. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada;

11. Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua.

12. Tydens die regering van Jojakim was die volgende manne hoofde van die priesterfamilies:Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia,

13. Mesullam van Esra, Joganan van Amarja,

14. Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja,

15. Adna van Garim, Gelkai van Merajot,

16. Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton,

17. Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja,

18. Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja,

19. Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja,

20. Kallai van Sallu, Eber van Amok,

21. Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja.

22. Die familiehoofde van die Leviete is in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf, die priesters tydens die regering van Darius die Pers.

23. Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot met die tyd van Joganan seun van Eljasib.

24. Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Regoor hulle was hulle ampsgenote wat die Here moes loof en dank volgens die voorskrif van Dawid, die man van God. Die afdelings het regoor mekaar diens gedoen.

25. Die ander was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam.Talmon en Akkub was poortwagte wat diens gedoen het by die voorraadkamers in die poorte.

26. Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.

Die inwyding van die muur

27. Met die oog op die inwyding van die muur om Jerusalem is die Leviete oral in hulle woonplekke opgespoor en na Jerusalem toe gebring. Hulle moes die inwyding feestelik vier met lofliedere en met die musiek van simbale, harpe en liere.

28. Die sangers is bymekaargebring uit die omgewing van Jerusalem, uit die Netofanedersettings,

29. uit Bet-Gilgal en uit die boerderygebiede van Geba en Bet-Asmawet. Die sangers se nedersettings was almal om Jerusalem gebou.

30. Die priesters en die Leviete het eers hulleself gereinig en daarna die volk, die poorte en die muur.

31. Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel. Die een het ek suid op die muur langs laat gaan tot by die Vullispoort.

32. Agter hulle het Hosaja en die helfte van die gesagvoerders van Juda geloop,

33. en verder Asarja, Esra, Mesullam,

34. Juda en Benjamin, Semaja en Jeremia,

35. 'n aantal priesters met trompette, Sagaria seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf,

36. en sy ampsgenote Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God. Esra die skrifgeleerde was voor hulle.

37. By die Fonteinpoort is hulle reguit op met die trappe na die Dawidstad toe, met die skuinste teen die muur bokant die paleis van Dawid langs tot by die Waterpoort aan die oostekant.

38. Die ander koor het noord geloop. Ek en die ander helfte van die mense het gevolg al met die muur langs oor die Bakoondtoring tot by die Breë Muur,

39. oor die Efraimspoort, die Ou Poort, die Vispoort, die Gananeltoring, die Toring van die Honderd tot by die Skaappoort. By die Wagpoort het hulle gaan staan.

40. Die twee kore het daarna in die tempel plek ingeneem, ek ook, en die helfte van die ampsdraers saam met my.

41. Die priesters Eljakim, Maäseja, Mijamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja het die trompette geblaas,

42. en ook Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser. Die kore het gesing onder leiding van Jisragja.

43. Daar is daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly. God het hulle groot blydskap gegee. Ook die vrouens en kinders was bly. Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor.

44. Daardie dag is daar ook manne aangestel oor die voorraadkamers vir die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, sodat daarin die deel opgeberg kon word wat volgens wet die priesters en die Leviete uit die boerderygebiede van die stede toekom. Die priesters en die Leviete wat diens gedoen het, het voordeel getrek uit die blydskap van Juda.

45. Die priesters en die Leviete het die diensbeurte ter verering van hulle God en die diensbeurte om die reiniging te doen, waargeneem. Die werk van die sangers en die poortwagte is gereël volgens die voorskrif van Dawid en sy seun Salomo.

46. Daar was reeds in die ou tyd, in die tyd van Dawid en Asaf, leiers van die sangers met die oog op die lof- en dankliedere ter ere van God.

47. In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook die offergawes vir die Leviete opsy gesit en die Leviete het dan weer dié van die priesters opsy gesit.