Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:21-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Hulle was onder die bevel van Siga en Gispa.

22. Die gesagvoerder oor die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf wat die sangers was by die dienswerk in die tempel.

23. Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied.

24. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die gevolmagtigde van die koning vir alle sake van die volk.

25. Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom,

26. in Jesua, in Molada, in Bet-Pelet,

27. in Gasar-Sual, in Berseba en sy buiteposte,

28. in Siklag, in Mekona en sy buiteposte,

29. in En-Rimmon, in Sora, in Jarmut,

30. in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle, in Lakis en sy boerderygebied en in Aseka en sy buiteposte. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11