Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 2:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar kom iemand wat jou sal verjaag, Nineve:bewaak jou vestings,hou dop die pad,maak jou gereed vir die stryd,monster al jou kragte!

2. Die Here gaan die eer van Jakob, van Israel, herstelsoos dit vroeër was,al is hulle kaal geplunderen hulle wingerde verwoes.

3. Die skilde van Nineve se aanvallers is rooi geverf,hulle soldate het rooi uniforms aan.Wanneer hulle gereedmaak om te veg,blink hulle strydwaens soos vuuren swaai hulle die spiese.

4. Oor die paaie dreun die strydwaens,hulle jaag oor die vlaktes;hulle lyk soos fakkels,soos blitse wat verbyskiet.

5. Nineve maak staat op sy bevelvoerders,maar hulle struikel as hulle aanstorm.Hulle hardloop na die stadsmuur toe,maar die vyand se stormram staan al!

6. Die sluise van die kanale word oopgetrek,en die paleis stort inmekaar.

7. Dit staan vas: Nineve word ontvolk,sy inwoners word weggevoer,sy slavinne kla soos duiwe wat koeren slaan hulleself op die bors.

8. Nineve is soos 'n damwaarvan die water uitloop.“Staan, bly staan!” klink die bevel,maar niemand draai om nie.

Lees volledige hoofstuk Nahum 2