hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 7 Afrikaans 1983 (AFR83)

Maar ek sal vertrou op die Here

1. Ellende wag vir my,ek het geword soos 'n land wat afgeoes is,soos die natrossies in die wingerd.Daar is niks om te eet nie,en ek wou graag voorvye gehad het.

2. Daar is nie meer 'n gelowige in die land nie,onder die mense kry jy nie 'n opregte nie,almal stel strikke om moord te pleeg,hulle maak met vangnette jag op hulle broers.

3. Al wat die regeerder vra,is dat hulle goed moet sondig;die regter vra omkoopgeld,die vername praat net oor wat hy begeer.Hulle verdraai alles.

4. Die beste onder hulle is soos 'n gifplant,die opregte erger as 'n doringheining.Die dag van jou straf kom,wees op die uitkyk daarvoor!Hulle sal binnekort in verwarring raak.

5. Moenie 'n maat vertrou nie,moenie op 'n vriend staatmaak nie,pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê.

6. Die seun beledig sy pa,die dogter kom in opstand teen haar ma,die skoondogter teen haar skoonma.'n Man se huismense het sy vyande geword.

7. Maar ek sal vertrou op die Here,ek sal wag vir die God wat my red.My God sal my gebed verhoor.

8. Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand,al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan,al sit ek in die donker, die Here is my lig.

9. Ek sal aanvaar dat die Here my straf in sy toorn,want ek het teen Hom gesondig.Wanneer Hy my saak verhooren oor my uitspraak lewer,sal Hy weer lig bring in my lewe,sal ek ondervind dat Hy die oorwinning gee.

10. My vyand sal dit sien,hy sal deur skaamte oorval word,hy wat vir my vra: “Waar is die Here jou God?”Ek sal op my vyand neersien,hy sal plat getrap word soos modder op die straat.

U bly nie vir altyd kwaad nie

11. Die dag wanneer jou mure herbou word,dié dag sal jy nie onder die vyand se wet staan nie.

12. Dié dag sal hulle na jou toe komvan Assirië af tot by die vestingstede,van die vestingstad af tot by die Eufraat,van die een see af tot by die anderen van die een berg af tot by die ander.

13. Die aarde sal verwoes wees oor sy inwoners,oor alles wat hulle gedoen het.

14. Pas jou volk op met jou kierie,die kleinvee wat aan jou behoort,wat alleen wei in die Karmelbos.Hulle sal in Basan en Gilead wei soos lank gelede.

15. Ek sal jou wonders laat siensoos in die tyd toe jy uit Egipte getrek het.

16. Die nasies sal dit sien en teleurgestel staan,al was hulle ook hoe sterk.Hulle sal stilbly, hulle sal hulle doof hou.

17. Hulle sal stof eet soos die slangewat op die grond seil,hulle sal beween uit hulle wegkruipplekke uitkom na die Here ons God toe.Hulle sal skrik en vir U bang wees.

18. Wie is 'n God soos U?U vergewe sonde,U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie.U bly nie vir altyd kwaad nie,U betoon liefde.

19. Hy sal ons weer genade betoon,Hy sal ons sonde tot niet maak,U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.

20. U sal getrou wees teenoor Jakob,liefde betoon aan Abraham,soos U in die voortyd aan ons voorvadersmet 'n eed beloof het.