hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hoor wat die Here sê:Maak klaar, roep die berge as getuie,laat die heuwels hoor wat jy te sê het.

2. Berge, vaste fondamente van die aarde,julle moet luister na die saak wat die Here het.Die Here het 'n saak teen sy volk,Hy het Israel aangekla.

3. My volk, wat het Ek jou aangedoen?Hoe het Ek jou moeg gemaak?Antwoord My!

4. Ek het jou uit Egipte gebring,Ek het jou uit die plek van slawerny gered,Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,ook vir Aäron en Mirjam.

5. My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab,en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het.Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het.

6. Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan,as ek voor die hoë God gaan kniel?Moet ek met offers na Hom toe gaan,met jaaroud kalwers?

7. Sal die Here duisende ramme aanvaarsaam met tienduisende offers van olie?Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde,hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?

8. Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,dat jy liefde en trou sal bewys,dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

9. Om die Here te dien, dit is wysheid.Die Here roep die stad;luister, leier en julle almal wat aanhou roof:

10. Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra,of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat?

11. Moet Ek die eienaar van 'n onbetroubare weegskaal vryspreek,een met 'n sak vol vals gewigte?

12. Die stad se ryk mense pleeg geweld,sy inwoners lieg en hulle bedrieg.

13. Daarom het Ek jou begin straf;Ek het jou begin verwoes oor jou sondes.

14. Jy sal eet en nie genoeg kry nie;jy sal honger bly.Jy sal geboortepyne hê,maar nie 'n kind in die wêreld bring nie.En wanneer jy 'n kind in die wêreld bring,gee Ek hom vir die swaard.

15. Jy sal saai, maar nie oes nie,jy sal olywe pars, maar jou nie met olie insmeer nie,jy sal druiwe pars, maar nie wyn drink nie.

16. Jy het Omri se reëlings nagekom,gedoen wat Agab gedoen het,hulle raad gevolg.Daarom sal Ek jou verwoes,Ek sal jou inwoners 'n bespotting maak.Jy sal my volk se vernedering moet dra.