hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maar jy, Betlehem-Efrata,jy is klein onder die families in Juda,maar uit jou sal daar iemand komwat aan My behoorten hy sal in Israel regeer.Sy begin lê ver terug,in die gryse verlede!

2. Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee,so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring.Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het,terugkom na die Israeliete toe.

3. Hy sal na vore kom en sy volk leideur die krag wat die Here hom gee,deur die sterkte van die Naam van die Here sy God.Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde,want hulle leier sal sterk wees.

4. Hy sal vrede bring.Wanneer Assirië ons land binneval,wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan,sal ons baie leiers,genoeg generaals, teen hom uitstuur.

5. Hulle sal Assirië platloop met die swaard,die land van Nimrod met swaardewat reg is om te steek.Die regeerder uit Betlehem sal ons reduit die mag van Assiriëwanneer Assirië ons land binneval,wanneer hy ons gebied binnekom.

6. Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees,hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom,soos stortreëns op groen graswat nie vir 'n mens wag nie,nie na mense kyk nie.

7. Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees,tussen baie volke,hulle sal daar wees soos 'n leeu tussen wildof tussen 'n trop skape:hy verskeur as hy tussen hulle deurstap,hy vang sy prooi,en niemand kan dit uit sy bek ruk nie.

8. Mag jy jou teenstanders oorweldig, Israel,mag al jou vyande uitgeroei word!

9. Daardie dag, sê die Here,sal Ek jou perde uitroei,jou strydwaens vernietig.

10. Ek sal die stede van jou land vernietig,al jou vestingstede afbreek.

11. Ek sal jou toorgoed wegvat uit jou hand,daar sal nie meer waarsêery by jou wees nie.

12. Ek sal jou afgodsbeelde vernietig,jou klippilare by jou afbreek.Jy sal nie meer jou handewerk aanbid nie.

13. Ek sal jou gewyde pale uitruk,jou stede verwoes.

14. In my toorn en gramskapsal Ek die nasies strafwat nie na My luister nie.