hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3 Afrikaans 1983 (AFR83)

Teen die slegte leiers

1. Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob,regeerders van Israel!Weet julle nie wat reg is nie?

2. Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet,julle wat die mense se vel van hulle afskeur,die vleis van hulle bene af,

3. wat my volk opeet asof hulle vleis is,hulle vel afstroopen hulle bene opkap,wat hulle opsny vir die kookpot,soos vleis vir die braaipan.

4. Wanneer hulle tot die Here roep,sal Hy hulle nie antwoord nie.Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie,want hulle het baie verkeerd gehandel.

5. So sê die Here oor die profete wat my volk verlei,die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry,en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar:

6. Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie,donkerte, nie 'n voorspelling nie.Die son sal ondergaan vir hierdie profete,die dag sal pikdonker word oor hulle.

7. Die sieners sal teleurgestel staan,die voorspellers sal bedroë daarvan afkom.Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou,want God sal nie antwoord nie.

8. Ek, daarenteen, het baie krag,ek het die Gees van die Here, 'n sin vir regen die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak,aan Israel sy oortreding.

9. Luister hierna, leiers van Jakob,regeerders van Israel,julle wat die regspraak minagen alles verdraai,

10. julle wat vir Sion met moord gebou heten Jerusalem met onreg:

11. Jou leiers lewer uitspraak vir omkoopgeld,jou priesters gee onderrig teen salaris,jou profete maak voorspellings teen betaling,en tog verwag hulle hulp van die Here!Hulle sê: “Die Here is by ons, onheil sal ons nie tref nie.”

12. Daarom is dit julle skulddat Sion soos 'n stuk land geploeg sal word,dat Jerusalem 'n puinhoop sal word,dat die tempelberg 'n hoogte vol bossies sal word.