Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 1:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Uitspraak van die Here.'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.

2. Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?”Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad

3. en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.

4. As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.

5. Julle sal dit met julle eie oë sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die grense van Israel.”

6. 'n Seun eer sy vaderen 'n slaaf sy eienaar.As Ek dan vader is,waar is die eer wat My toekom?En as Ek Here is,waar is die eerbied vir My dan?Dit is wat Ek, die Here die Almagtige,vir júlle vra, priesters,júlle wat My met minagting behandel.Maar julle vra:“Hoe het ons U met minagting behandel?”

7. Julle bring onrein voedsel op my altaar,en dan vra julle: “Hoe het ons U te na gekom?”Julle doen dit wanneer julle dink:“Die altaar van die Here kan maar met minagting behandel word.”

8. Wanneer julle 'n blinde ding bring om te offer,is dit dan nie verkeerd nie?En wanneer julle 'n siek of 'n lam ding bring,is dit nie verkeerd nie?Bring bietjie so iets vir jou goewerneur!Sal hy ingenome met jou wees of jou vriendelik ontvang?Dit is wat die Here die Almagtige sê.

9. En dan sê julle: “Maak God dan tog nou goedgesinddat Hy ons genadig kan wees!”As julle só optree,sal Hy een van julle se versoek toestaan?Dit is wat die Here die Almagtige sê.

Lees volledige hoofstuk Maleagi 1