Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “As die offer 'n bok is, bring die man dit in die teenwoordigheid van die Here,

13. sit sy hand op die dier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäroniete sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.

14. Dan bied die man uit sy offer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, al die vet aan die binnegoed self,

15. die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.

16. Die priester verbrand dit op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. Al die vet is die Here s'n.

17. “Dit is 'n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3