Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “As iemand 'n maaltydoffer wil bring en hy wil dit aanbied uit sy beeste, kan hy vir die Here 'n bul of 'n koei aanbied, maar sonder liggaamsgebrek.

2. Die man sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.

3. Dan bied hy uit die maaltydoffer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, die vet aan die binnegoed self,

4. die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word.

5. Die Aäroniete verbrand dit op die altaar, bo-op die brandoffer op die vuur. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3