Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 27:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Wanneer iemand in 'n gelofte 'n persoon aan die Here gewy het, en die persoon se loskoopwaarde moet vasgestel word,

3. moet die volgende riglyne geld: 'n Man van twintig tot sestig jaar kan losgekoop word teen vyf honderd en sewentig gram silwer volgens die standaardgewig van die heiligdom.

4. 'n Vrou van dieselfde ouderdom teen drie honderd en veertig gram.

5. Tussen vyf jaar en twintig jaar is die loskoopwaarde van 'n man twee honderd en dertig gram en van 'n meisie honderd en vyftien.

6. Van 'n maand oud tot op vyf jaar is 'n seun se loskoopwaarde sewe en vyftig gram en 'n dogter s'n vier en dertig.

7. Bo sestig is 'n man se loskoopwaarde honderd een en sewentig gram en 'n vrou s'n honderd en vyftien.

8. As iemand wat 'n gelofte afgelê het, te arm is om hierdie loskoopwaarde te betaal, moet hy die persoon oor wie dit gaan, na die priester toe bring. Die priester moet die persoon dan deurkyk en 'n bedrag bepaal wat bekostig kan word deur die een wat die gelofte afgelê het.

9. “As die gelofte gaan oor 'n rein dier wat aan die Here geoffer word, geld die reël dat 'n dier wat eenmaal aan die Here gegee is, sy eiendom word.

10. So 'n dier mag dus nie vervang word met 'n dier van dieselfde kwaliteit of omgeruil word vir 'n slegter of selfs 'n beter dier nie. As iemand so 'n dier tóg probeer omruil, word albei diere die Here se eiendom.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 27