Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 26:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Julle sal nie eens 'n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes.

11. Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie.

12. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

13. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat trek het sodat julle nie meer sy slawe hoef te wees nie. Ek het die juk wat julle moes dra, gebreek en julle vry gemaak.

14. “As julle egter nie na My luister nie en nie alles doen wat Ek julle beveel het nie,

15. as julle my voorskrifte en bepalings verwerp en met minagting behandel, sodat julle nie my bevele nakom nie en my verbond verbreek,

16. sal Ek die volgende doen: Ek sal julle lewens vol angs maak. Julle sal geteister word deur tering en koors, siektes wat 'n mens blind maak en jou laat wegkwyn. Julle sal tevergeefs saai, want julle vyande sal julle oeste opeet.

17. Ek sal my rug vir julle draai sodat julle deur julle vyande verpletter sal word. Julle haters sal dit vir julle so ondraaglik maak dat julle sal vlug al word julle nie agtervolg nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 26