Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Beveel die Israeliete om vir jou van die suiwerste olyfolie te bring vir die lamp in die heiligdom, sodat daar gereeld lig kan wees.

3. Aäron moet sorg dat daar dwarsdeur die nag 'n lig brand in die tent van ontmoeting, voor die voorhangsel waaragter die ark met die getuienis is en waar die Here teenwoordig is. Dit is 'n vaste voorskrif ook vir julle nageslag.

4. Aäron moet die lampe van die goue kandelaar gereeld versorg voor die Here.”

5. “Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24