Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 23:23-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Die Here het vir Moses gesê:

24. “Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet 'n rusdag wees, 'n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, 'n gewyde byeenkoms.

25. Niemand mag dan werk nie en julle moet offers aan die Here bring.”

26. Die Here het vir Moses gesê:

27. “Op die tiende van die sewende maand is dit die versoendag. Julle moet dan 'n gewyde byeenkoms hou, en julle moet vas en aan die Here offers bring.

28. Niemand mag op dié dag werk nie, want dit is die versoendag waarop daar vir julle versoening gedoen word by die Here julle God.

29. Enigiemand wat nie vas op hierdie dag nie, moet van sy volksgenote afgesny word

30. en Ek sal elkeen wat op hierdie dag werk, om die lewe bring.

31. Julle mag geen werk doen nie. Hierdie dag moet vir altyd 'n vaste instelling wees, waar julle of julle nageslag ook al woon.

32. Dit moet vir julle 'n plegtige rusdag wees waarop julle vas. Julle moet rus van sononder af op die negende van die maand tot sononder op die tiende.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 23