Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 23:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Die feeste wat julle tot my eer moet vier, moet gewyde byeenkomste wees. Die volgende is my feeste:

3. “Ses dae moet julle werk, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat waarop julle 'n gewyde byeenkoms moet hou. Dan mag julle geen werk doen nie. Julle moet die sabbat aan die Here wy, waar julle ook al woon.

4. “Verder is daar ook die volgende feeste tot my eer, gewyde byeenkomste wat julle op vasgestelde tye moet vier:

5. “Op die veertiende van die eerste maand teen skemer moet julle die paasfees vier tot eer van die Here.

6. Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet.

7. Op die eerste dag moet julle 'n gewyde byeenkoms hou: julle mag dan geen werk doen nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 23