Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 22:26-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die Here het vir Moses gesê:

27. “'n Kalf of 'n skaaplam of 'n boklam wat aankom, moet 'n week lank by sy ma bly. Van die agste dag af is die diertjie aanneemlik as 'n offergawe aan die Here.

28. 'n Kalf of 'n lam mag nie op dieselfde dag as sy ma geoffer word nie.

29. “Wanneer julle 'n dankoffer aan die Here bring, moet julle dit so doen dat dit vir die Here aanneemlik is.

30. Julle moet die offervleis dieselfde dag opeet en niks laat oorbly tot die volgende dag nie. Ek is die Here.

31. “Gehoorsaam my gebooie en voer dit uit. Ek is die Here.

32. “Julle mag nie my heilige Naam ontheilig nie. Die hele Israel moet My as die Heilige erken. Ek, die Here, heilig julle.

33. Ek het julle uit Egipte gebring sodat Ek julle God kan wees. Ek is die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 22