Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Jy breek dit in stukke en gooi olie daaroor. Dit is die graanoffer.

7. As jou graanoffer in 'n bakpan gebak word, maak jy die fynmeel met olie aan.

8. “Jy bring dan die graanoffer wat jy op een van dié maniere vir die Here klaargemaak het, na die priester toe, en hy bring dit na die altaar toe.

9. Die priester vat die deel wat as simbool vir die hele offer dien en verbrand dit op die altaar. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.

10. Die oorblywende deel van die graanoffer is vir Aäron en sy seuns. Dit is 'n besondere gewyde gawe, 'n deel van die vuuroffer wat vir die Here gebring is.

11. “Geen graanoffer wat vir die Here aangebied word, mag suurdeeg in hê nie. Julle mag geen suurdeeg of heuning verbrand as 'n vuuroffer vir die Here nie.

12. Julle mag dit as eerstelingoffer vir die Here aanbied, maar op die altaar mag dit nie kom as 'n offer wat deur die Here aanvaar word nie.

13. Gooi sout by al jou graanoffers. Die sout herinner aan die verbond met jou God; moenie dat dit in jou graanoffers ontbreek nie. Bied sout aan op al jou graanoffers.

14. “Wanneer jy vir die Here 'n graanoffer uit die eerste opbrengs van die oes aanbied, kan dit gebraaide koring of stampkoring wees. Jy bied dit aan as die graanoffer uit die eerste opbrengs van jou oes,

15. en jy gooi olie daarop en sit wierook bo-op. Dit is die graanoffer.

16. Die priester verbrand dié deel van die stampkoring en die olie wat as simbool vir die hele offer dien, saam met al die wierook. Dit is 'n vuuroffer vir die Here.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2