Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 18:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. “Julle moet julle op geen van hierdie maniere verontreinig nie, want dit is wat die heidene gedoen het wat Ek voor julle verdryf.

25. Hulle het die land verontreinig en Ek het die land daarvoor gestraf sodat hy sy bewoners uitgespoeg het.

26. Julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge by julle, moet my voorskrifte en bepalings gehoorsaam. Julle mag geen van dié afstootlike dinge doen nie.

27. Omdat die vorige inwoners hierdie afstootlike dinge gedoen het, is die land verontreinig.

28. As julle die land verontreinig, sal hy júlle ook uitspoeg soos hy die heidene vóór julle uitgespoeg het.

29. Elkeen wat enige van hierdie afstootlike dinge doen, sal van sy volksgenote afgesny word!

30. Wees gehoorsaam aan wat Ek julle beveel. Vermy die afstootlike gebruike van die vorige inwoners en hou julleself rein. Ek is die Here julle God.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 18