Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:47-55 Afrikaans 1983 (AFR83)

47. “As daar 'n kol skimmel is op 'n kledingstuk,

48. of op garing of materiaal van linne of wol, of op vel of enige velartikel,

49. en die skimmel het 'n groenerige of rooierige kleur, kan dit skadelike skimmel wees, en moet dit aan die priester gewys word.

50. Die priester moet die kol ondersoek en die artikel met die skimmel 'n week lank eenkant sit.

51. Op die sewende dag moet hy dit weer ondersoek. As die kol op die kledingstuk of garing of materiaal of velartikel groter geword het, is dit skadelike skimmel. Dit is onrein.

52. Die ding waarop die kol skadelike skimmel is, die wol, linne of vel, moet sonder meer in die vuur gegooi en verbrand word.

53. Maar as die priester sien dat die kol nie groter geword het nie,

54. moet hy beveel dat die artikel met die skimmel gewas word. Daarna moet hy dit nog 'n week eenkant sit.

55. As die priester dan, nadat dit so behandel is, sien dat die kleur van die kol nie verander het nie, is dit onrein, ook al het die kol nie groter geword nie. Dit moet verbrand word. Dit maak nie saak of die bederfde plek aan die voor- of aan die agterkant is nie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13