Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:43-53 Afrikaans 1983 (AFR83)

43. Die priester moet die persoon dan ondersoek. As die simptome dieselfde is as dié van 'n velsiekte aan die lyf, wat 'n mens onrein maak, naamlik 'n rooierige swelsel,

44. het die man inderdaad so 'n velsiekte. Hy is onrein en die priester moet nie huiwer om die man onrein te verklaar nie. Die kwaad is in sy kopvel.

45. “Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’

46. Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly.”

47. “As daar 'n kol skimmel is op 'n kledingstuk,

48. of op garing of materiaal van linne of wol, of op vel of enige velartikel,

49. en die skimmel het 'n groenerige of rooierige kleur, kan dit skadelike skimmel wees, en moet dit aan die priester gewys word.

50. Die priester moet die kol ondersoek en die artikel met die skimmel 'n week lank eenkant sit.

51. Op die sewende dag moet hy dit weer ondersoek. As die kol op die kledingstuk of garing of materiaal of velartikel groter geword het, is dit skadelike skimmel. Dit is onrein.

52. Die ding waarop die kol skadelike skimmel is, die wol, linne of vel, moet sonder meer in die vuur gegooi en verbrand word.

53. Maar as die priester sien dat die kol nie groter geword het nie,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13