Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:40-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. “Iemand wie se hare uitval sodat sy kop kaal word, is nie daarvan onrein nie.

41. Ook wanneer net die hare op sy voorkop uitval, sodat sy kop daar kaal word, is hy nie onrein nie.

42. As daar egter 'n rooierige ontsteekte plek verskyn waar sy kop kaal raak, is dit 'n teken dat hy aan sy kopvel 'n velsiekte het wat hom dalk onrein maak.

43. Die priester moet die persoon dan ondersoek. As die simptome dieselfde is as dié van 'n velsiekte aan die lyf, wat 'n mens onrein maak, naamlik 'n rooierige swelsel,

44. het die man inderdaad so 'n velsiekte. Hy is onrein en die priester moet nie huiwer om die man onrein te verklaar nie. Die kwaad is in sy kopvel.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13