Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 5:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Ondergeskiktes heers nou oor ons,en niemand kan ons uit hulle mag red nie.

9. Met lewensgevaar moet ons vir ons gaan kos haal,want in die veld word ons doodgemaak.

10. Ons vel verskrompel soos iets in 'n oondvanweë die verterende honger.

11. Vrouens is in Sion verkrag,en jong meisies in die stede van Juda.

12. Leiers is gevat en opgehang,oumense word met minagting behandel.

13. Jongmanne word gedwing om maalwerk te doen,jong seuns struikel onder vragte hout.

14. Die oumense sit nie meer in die poorte van die stad nieen die jongmanne maak nie meer daar musiek nie.

15. Vrolikheid het uit ons lewe verdwyn,ons koordanse het plek gemaak vir rou.

16. Ons het ons aansien verloor,daar het ellende oor ons gekom,want ons het sonde gedoen!

17. Dit is die rede vir ons droefheid,vir die swart kringe om ons oë:

18. Sionsberg lê so verlate,die jakkalse loop daar rond.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 5