Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:17-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Ons kyk ons oë moegom hulp wat nie opdaag nie;van ons wagpos af kyk ons in verwagting uitna 'n nasie wat nie help nie.

18. Ons bewegings word dopgehou,ons kan dit nie op straat waag nie.Ons einde is naby, ons dae is getel,ons einde het aangebreek!

19. Ons agtervolgers was vinnigeras die arende in die lug;hulle het in die berge op ons hakke gelêen ons in die woestyn in 'n hinderlaag gelei.

20. Ons koning van wie ons lewe afhanklik is, die gesalfde van die Here,is gevang in hulle vanggate,hy van wie ons gedink het dat ons onder sy beskermingsal leef onder die nasies.

21. Wees gerus maar opgewek en bly, Edom,jy wat in Us woon,maar ook jy sal die oordeelsbeker moet drink,jy sal daarvan dronk word en jouself ontbloot.

22. Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion,die Here sal jou ballingskap nie laat voortduur nie;maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom,jóú ongeregtigheid gaan Hy aan die kaak stel.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4