Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ag, hoe dof het die goud geword,hoe het die goeie goudsy glans verloor!Die gewyde edelstene lê weggegooiop al die hoeke van die strate!

2. Sion se kosbare inwoners,vroeër so waardevol geag soos suiwer goud —ag, hoe word hulle nou beskou as erdepotte,die werk van 'n pottebakker.

3. Selfs 'n jakkals gee vir sy kleintjie die speenen laat hom drink,maar my volk het so wreed gewordsoos volstruise in die woestyn.

4. Die suigelinge se tongesit aan hulle verhemeltes vas van die dors;kindertjies smeek om broodmaar niemand gee vir hulle iets nie.

5. Mense wat vroeër ryk geëet het,beswyk nou van honger op die strate,mense wat in weelde grootgeword het,lê nou op die vuilgoedhope.

6. Die sonde van my volkis groter as dié van Sodomwat in 'n oomblik vernietig issonder dat mense daar 'n hand teen uitgesteek het.

7. Die leiers van Sion het meer glans gehad as sneeu,hulle was witter as melk,blakend gesond van kleur,mooi van voorkoms.

8. Maar nou is hulle swarter as roet,hulle word nie eens op die strate herken nie;hulle is net vel en been,uitgedroog, soos hout.

9. Dié wat deur die swaard doodgemaak is,is beter daaraan toe as dié wat van honger omkom,wat wegkwyn en sterwe omdat die lande geen opbrengs het nie.

10. Met hulle eie hande het moederswat vroeër liefdevol was, hulle kinders gekook;dit het hulle kos gewordtoe my volk ineengestort het.

11. Die Here het aan sy gramskap vrye teuels gegee,Hy het sy toorn uitgegiet,Hy het in Sion 'n vuur aangesteekwat hom tot op sy fondamente verteer het.

12. Geeneen van die konings van die aarde,geen mens ter wêreld sou geglo hetdat 'n teëstander of enige aanvallerooit by Jerusalem se poorte sou inkom nie.

13. Dit het gebeur oor die sondes en oortredingevan die stad se profete en priestersdeur wie onskuldige mensedaar om die lewe gebring is.

14. Profete en priesters het deur die strate gestrompel soos blindes,hulle was bevlek met bloed,niemand wou dit waag om aan hulle klere te raak nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4