Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die Here het sy altaar verwerpen sy heiligdom laat vertrap.Hy het die mure rondom die tempelgeboulaat afbreek deur die vyand.Hulle het in die huis van die Here gejuigasof dit sy volk is wat daar feesvier.

8. Die Here het besluitom die muur van Sion te verwoes,Hy het bepaal dat dit heeltemal afgebreek moet word,Hy het nie op sy besluit teruggegaan nie;van die vestings en die mure het Hy bouvalle gemaak,hulle lê daar saam en vergaan.

9. Sion se poorte is begrawe in puin,die sluitbalke is gebreek en lê aan stukke.Sy koning en sy leiers is weggevoer na die heidene toe.Daar is geen onderrig meer in die wet nie,sy profete ontvang ook geen openbaring meer van die Here nie.

10. Die leiers van Sionsit verslae op die grond,hulle het stof op hulle koppe gegooien het rouklere aan;die koppe van die jong vroue van Jerusalem hang tot op die grond.

11. My oë is gedaan van die huil,dit brand in my,my moed is gebreek,want my volk is plat geslaan;kinders en babatjies sak inmekaar in die strate van die stad.

12. Hulle soek by hulle moeders iets om te eet en te drink.In die strate van die stad val hulle om soos gewondes,in die arms van hulle moeders blaas hulle die asem uit.

13. Wat kan ek vir jou sê,waarmee kan ek jou vergelyk, Jerusalem?Wie se lyding kan ek vir jou noemdat ek jou daardeur kan troos, Sion?Jou verwonding is soos die see so groot,wie kan jou genees?

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2