Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Wat kan ek vir jou sê,waarmee kan ek jou vergelyk, Jerusalem?Wie se lyding kan ek vir jou noemdat ek jou daardeur kan troos, Sion?Jou verwonding is soos die see so groot,wie kan jou genees?

14. Die visioene van jou profetewas vals en misleidend:hulle het nie jou sondes blootgelêsodat jou ballingskap afgeweer kon word nie;die openbaringe wat hulle vir jou gegee het,was vals en het tot jou verwerping gelei.

15. Almal wat met die pad verby gaan,slaan die hande saam oor jou,hulle fluit en skud hulle kop oor Jerusalem:“Is dit die stad wat genoem isdie beeldskone, 'n vreugde vir die hele wêreld?”

16. Al jou vyande rek hulle mond oor jou,hulle spot en kry lekker,hulle sê: “Ons het hom verslind,dit is die dag waarvoor ons gewag het,dit het gebeur, ons beleef dit!”

17. Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het,Hy het die woord in vervulling laat gaanwat Hy lank gelede al afgekondig het.Hy het verwoes en geen genade betoon nie,Hy het die vyand hom oor jou laat vermaak,Hy het aan jou teëstanders die oorwinning gegee.

18. Roep tot die Here, Sion,laat jou trane in strome vloei,dag en nag,moet jou nie rus gun nie,moenie dat jou oë verligting kry nie.

19. Staan dwarsdeur die nag op en roep,stort voor die Here jou hart uit soos water,strek jou hande uit, en bid om die lewe van jou kinders,hulle wat van honger beswyk op die hoeke van die strate.

20. Kyk tog, Here, let tog opaan wie U dit gedoen het:vrouens eet hulle eie kinders,kinders wat in teerheid versorg is;priesters en profete word doodgemaakin die heiligdom van die Here!

21. Jonges en oues lê dood in die strate;jong vroue en jongmanne het deur die swaard geval.U het hulle neergevel op die dag van u toorn,U het 'n slagting aangerig en geen genade betoon nie.

22. U het al my bure uitgenooiom hier 'n bloedige fees te vier.Op hierdie dag van die Here se toornkon niemand ontvlug of vrykom nie.My kinders wat ek met teerheid versorg en grootgemaak het,is deur my vyande om die lewe gebring.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2