Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ag, hoe het die Here in sy toorndie donker laat toesak oor Sion!Hy het die pragstad van Israel tot in die stof verneder,Hy het op die dag van sy toornsy eie tempel nie ontsien nie.

2. Die Here het geen genade betoon nie,Hy het al die woonplekke van Jakob vernietig,Hy het in sy toorndie vestings van Juda afgebreek.Hy het die koninkryk verwoes,die leiers tot in die stof verneder.

3. Deur sy vernietigende toornhet Hy die krag van Israel heeltemal gebreek.Toe die vyand kom,het die Here sy magtige hand teruggetreken sy toorn teen Jakob laat brandsoos 'n vlam wat alles rondom verteer.

4. Soos 'n vyand het Hy sy boog gespan en aangelê,soos 'n teëstanderhet Hy al wat dierbaar is, uitgeroei;in die woning van Sionhet Hy sy toorn uitgegiet soos vuur.

5. Die Here het soos 'n vyand geword,Hy het Israel vernietig,Hy het al die wonings vernietig,die vestings verwoes,Hy het ellende op ellende oor Juda gebring.

6. Hy het sy eie woning vernielasof dit 'n skerm in 'n tuin is,Hy het die plek van ontmoeting vernietig;die Here het in Sion feestyd en sabbat laat ophou;in sy groot toorn het Hy koning en priester verwerp.

7. Die Here het sy altaar verwerpen sy heiligdom laat vertrap.Hy het die mure rondom die tempelgeboulaat afbreek deur die vyand.Hulle het in die huis van die Here gejuigasof dit sy volk is wat daar feesvier.

8. Die Here het besluitom die muur van Sion te verwoes,Hy het bepaal dat dit heeltemal afgebreek moet word,Hy het nie op sy besluit teruggegaan nie;van die vestings en die mure het Hy bouvalle gemaak,hulle lê daar saam en vergaan.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2