Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:23-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. in die stamgebied van Dan: Elteke, Gibbeton,

24. Ajalon en Gat-Rimmon, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

25. en in die gebied van die halwe Manassestam: Taänak en Gat-Rimmon, dié twee stede elkeen met sy weiveld.

26. Die families in die res van die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gehad.

27. Aan die Levitiese families in die Gersongroep is in die gebied van die ander helfte van die Manassestam toegeken: die asielstad Golan in Basan, en Astarot, dié twee stede elkeen met sy weiveld;

28. in die stamgebied van Issaskar: Kisjon, Daberat,

29. Jarmut en En-Gannim, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

30. in die stamgebied van Aser: Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

32. en in die stamgebied van Naftali die asielstad Kedes in Galilea, en Gammot-Dor en Kartan, dié drie stede elkeen met sy weiveld.

Lees volledige hoofstuk Josua 21