Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:13-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die nageslag van die priester Aäron het dus ontvang: die asielstad Hebron, en Libna,

14. Jattir, Estemoa,

15. Golon, Debir,

16. Ajin, Jutta en Bet-Semes, elkeen met sy weiveld, nege stede van dié twee stamme,

17. en van die stam Benjamin Gibeon, Geba,

18. Anatot en Almon, die vier stede elkeen met sy weiveld.

19. Die priesters uit die nageslag van Aäron het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gehad.

20. Vir die Levitiese families in die res van die Kehatgroep is eerstens stede geloot in die stamgebied van Efraim.

21. Aan hulle is toegeken: die asielstad Sigem in die Efraimsberge en Geser,

22. Kibsajim en Bet-Goron, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

23. in die stamgebied van Dan: Elteke, Gibbeton,

24. Ajalon en Gat-Rimmon, dié vier stede elkeen met sy weiveld;

25. en in die gebied van die halwe Manassestam: Taänak en Gat-Rimmon, dié twee stede elkeen met sy weiveld.

26. Die families in die res van die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gehad.

Lees volledige hoofstuk Josua 21