Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:15-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die suidelike grens begin teenaan Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by Neftoagsfontein,

16. en loop dan af na die voet van die berg regoor Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Dan loop die grens met die Hinnomdal af na die hang suid van die Jebusietestad en af na Rogelfontein toe,

17. draai noord en loop na Semesfontein toe, aan na Gelilot toe regoor Adummimspas en af tot by die Klip van Bohan seun van Ruben.

18. Dan loop dit noord van die hang regoor die Jordaanvallei verby en af na die Jordaanvallei toe,

19. noord van die hang van Bet-Gogla verby en loop dood by die noordelike punt van die Soutsee, waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens.

20. Die Jordaan self vorm die oostelike grens. Dit is dan die grense rondom die grondgebied van die families in die stam Benjamin.

21. Die stede van die families in die stam Benjamin is Jerigo, Bet-Gogla, Kesisdal,

22. Bet-Araba, Semarajim, Bet-El,

23. Awwim, Para, Ofra,

24. Kefar-Ammoni, Ofni en Geba, twaalf stede met hulle buiteposte,

25. verder Gibeon, Rama, Beërot,

26. Mispa, Kefira, Mosa,

27. Rekem, Jirpeël, Tarala,

28. Sela, Elef, Jebusietestad, dit is Jerusalem, Gibea en Kirjat, veertien stede met hulle buiteposte. Dit is die besitting van die families in die stam Benjamin.

Lees volledige hoofstuk Josua 18