Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:12-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan en dit loop dan op teen die hang noord van Jerigo, teen die berge uit weswaarts en dan loop dit tot teen die woestyn van Bet-Awen.

13. Daarvandaan loop die grens oor na Lus toe, teen die hang suid van Lus, dit is Bet-El, en dan af na Atrot-Addar toe op die berg suid van Bet-Goron-Onder.

14. Dan draai die grens en swaai westekant toe suid van die berg regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, 'n stad wat aan Juda behoort. Dit is die westelike grens.

15. Die suidelike grens begin teenaan Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by Neftoagsfontein,

16. en loop dan af na die voet van die berg regoor Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Dan loop die grens met die Hinnomdal af na die hang suid van die Jebusietestad en af na Rogelfontein toe,

17. draai noord en loop na Semesfontein toe, aan na Gelilot toe regoor Adummimspas en af tot by die Klip van Bohan seun van Ruben.

18. Dan loop dit noord van die hang regoor die Jordaanvallei verby en af na die Jordaanvallei toe,

19. noord van die hang van Bet-Gogla verby en loop dood by die noordelike punt van die Soutsee, waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens.

20. Die Jordaan self vorm die oostelike grens. Dit is dan die grense rondom die grondgebied van die families in die stam Benjamin.

21. Die stede van die families in die stam Benjamin is Jerigo, Bet-Gogla, Kesisdal,

22. Bet-Araba, Semarajim, Bet-El,

Lees volledige hoofstuk Josua 18