Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Van Tappuag af loop die grens wes met Kanaspruit langs en dit loop dood aan die see. Dit is die gebied van die families in die stam Efraim.

9. Daarby het gekom al die stede en buiteposte wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.

10. Die Efraimiete het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie en die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete, maar hulle doen dwangarbeid.

Lees volledige hoofstuk Josua 16