Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Aan die nakomelinge van Josef is deur loting 'n gebied toegeken wat strek van die Jordaan af regoor Jerigo, oos van die Jerigofonteine. Die grens loop van Jerigo af oor die woestyn op na Bet-El se berge toe.

2. Van Bet-El af loop dit na Lus toe, en verby die grens van die Erekiete na Atarot toe,

3. dan weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot by die grens van Bet-Goron-Onder en Geser, en dit loop dan dood aan die see.

4. Die stamme Manasse en Efraim, nakomelinge van Josef, het die grondgebied gekry.

Lees volledige hoofstuk Josua 16