Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Juda se suidelike grens begin dus by die Soutsee, by die punt wat suid uitsteek,

3. en dit loop suid van Skerpioenpas verby na Sin toe, op na 'n punt suid van Kades-Barnea, oor na Gesron toe, op na Addar toe en swaai na Karka toe.

4. Dan loop dit oor na Asmon toe en met Egiptespruit langs totdat dit teen die see doodloop. Dit is Juda se suidelike grens.

5. Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop.Die grens aan die noordekant begin waar die Jordaan in die see inloop,

6. en loop op na Bet-Gogla toe, noord van Bet-Araba verby, op na die Klip van Bohan seun van Ruben,

7. op na Debir toe van die Akorlaagte af, en swaai noord na Gilgal toe wat regoor Adummimspas suid van die spruit lê. Dan loop die grens oor tot aan die water van Semesfontein en tot by Rogelfontein,

Lees volledige hoofstuk Josua 15