Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:18-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Toe sy by Otniël kom, het sy by hom aangehou dat hulle vir haar pa landbougrond moet gaan vra. Toe sy van die donkie afklim, vra Kaleb vir haar wat sy wil hê,

19. en sy antwoord: “Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.”Hy het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee.

20. Die families in die stam Juda het die volgende gebied as besitting ontvang:

21. Die stede die verste suid wat aan hulle behoort het, dié teen die grens van Edom, was Kabseël, Eder, Jagur,

22. Kina, Dimona, Adada,

Lees volledige hoofstuk Josua 15