Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 4:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword.

2. Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.

3. “Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.”

4. Toe vra die Here vir hom: “Het jy rede om kwaad te word?”

5. Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad gaan sit en vir hom 'n skerm gebou. Hy het daaronder in die skaduwee gaan sit om te sien wat in die stad gebeur.

6. Toe laat die Here God 'n komkommerplant opkom, en dit het bo-oor Jona gerank om skaduwee te gee vir sy kop en om hom van sy misnoeë te bevry. Jona was baie bly oor die komkommerplant.

Lees volledige hoofstuk Jona 4